Zuid-Afrika vlag
02 apr 2020

Oproep voor referaten - Congres over Transtaligheid in Zuid-Afrika

Op 12 en 13 november 2020 organiseren de Universiteit van Amsterdam en de Universiteit Gent een congres over "Transtaligheid, saamhorigheid en de constructie van Zuid-Afrikaanse gemeenschappen". Tijdens het congres wordt de Zuid-Afrikaanse literatuur en cultuur verkend vanuit het oogpunt van transtaligheid en transculturaliteit.

Call for papers

Articulating belonging: translingualism, belonging and the creation of South African social collectivities

 

University of Amsterdam and Ghent University, 12 and 13 November 2020, Amsterdam.

 

In the creation of nation-states during the 19th and 20th century, standardized and official languages were of key importance to develop feelings of belonging to social collectivities through the public sphere. However, contemporary global neoliberal conditions have put pressure on Romantic notions such as belonging, togetherness and culture, that used to be seen as the building blocks of national identity. Postcolonial and decolonial debates have, furthermore critiqued the presumed monolingual character of communities and nations (Yildiz 2012; Mignolo 2003) by pointing to their linguistic heterogeneity. The complex linguistic context of South Africa offers a fruitful starting point to explore the recalibrated relationships between language, the creation of social subjects, the politics of belonging and social group formation (Yuval-Davis, 2006, Meinhof and Galasinksi, 2005).

 

This conference wants to zoom in on translingualism and transculturality – broadly understood to refer to the fluidity and dynamism of linguistic and cultural borders – in South African literature and culture. The conference has at least three aims. Firstly, it wants to explore how narrative art forms (literature, performance poetry, cinema, theatre and so forth), but also more popular expressions (television series, newspapers, advertisements, graffiti, songs) linguistically produce, and critically reconsider the relationship between language and membership of social collectivities within the South African context. Secondly, this conference also wants to explore how language variations, multilingualism and translingualism in cultural representations index complex social and cultural entanglements in the day-to-day, ordinary lives of South Africans. Thirdly, it wants to investigate how translingualism, the use of multiple language varieties and different languages in narrative texts “destabilize” the position of dominant and/or standardized languages and what such minorizing practices (Dagnino, 2019) might imply for how language construes social subjectivity and categories of belonging in the South African context.

 

This call invites proposals for papers that reflect on:

-        How translingual South African literary texts create (new) social subjects and categories of belonging;

-        How popular genres (such as hiphop/rap and genre fiction) contribute to a critical analysis of the relation between language and belonging in the South African context;

-        The minorizing of (standardized) Afrikaans and English through the use of other languages and language varieties and what the destabilizing of these languages implies for belonging and the construction of social collectivities;

-        How language use functions as a form of “border work” that sustain or challenge, resist and rebel against the inclusion and exclusion created by the politics of belonging;

-        The (linguistic character of) the cultural public sphere in this process of creating belonging and togetherness in the South African context;

-        Translingualism and translation of South African literature (in any South African language) as world literature.

 

We invite those interested to submit a short abstract (no more than 300 words), accompanied by a biographical note (150 words) by 8 May 2020. A notice of acceptance will follow by the end of May 2020. The conference will accept contributions in Afrikaans, Dutch and English. The selected presentations should be 20 minutes. The conference organizers foresee the possibility to deliver papers by Skype in cases where travel to Amsterdam cannot be arranged. A possible publication of (selected) contributions is considered.

Please send your proposal to translingualsuidafrika@gmail.com before 8 May 2020.

 

The organizing committee:

Yves T’Sjoen (UGent en UStellenbosch)

Annelies Verdoolaege (UGent)

Margriet van der Waal (UvAmsterdam)


 

Oproep om referate

Om te behoort: Transtaligheid, samehorigheid en die konstruksie van Suid-Afrikaanse sosiale gemeenskappe

 

Universiteit van Amsterdam en Universiteit Gent, 12-13 November 2020, Amsterdam

 

Tydens die vorming van nasiestate in die 19de en 20ste eeu was gestandaardiseerde en amptelike tale noodsaaklik om in die publieke domein (public sphere) ’n samehorigheidsgevoel by sosiale gemeenskappe te ontwikkel. Romantiese idees soos die gevoel van tuiswees, samesyn en kultuur, wat die boustene van nasionale identiteite vorm, is tans as gevolg van neoliberale globalisering onder druk. Daarnaas word vanuit ‘n postkoloniale en dekoloniale kader kritiek gelewer op die veronderstelde eentalige karakter van gemeenskappe en nasies (Yildiz 2012; Mignolo 2003) deur op die taalkundige heterogeniteit  daarvan te dui. Suid-Afrika se komplekse talige realiteit bied ’n goeie vertrekpunt om die veranderende verhouding tussen taal, die vorming van sosiale identiteite, samehorigheidspolitiek en groepsformasies (Yuval-Davis, 2006; Meinhof en Galasinski, 2005) te ondersoek.

 

Die kongres verken die Suid-Afrikaanse literatuur en kultuur vanuit die oogpunt van transtaligheid en transkulturaliteit – oftewel, vanuit die veronderstelling dat taal- en kultuurgrense dinamies en vloeibaar is. Daarom het die kongres ten minste drie doelwitte. Ten eerste wil ons ondersoek hoe verhalende kunsvorme (soos literatuur, podiumpoësie, film, teater ens.), maar ook meer populêre uitinge (televisiereekse, koerante, advertensies, graffiti, musiek), die verhouding tussen taal en die lidmaatskap van sosiale groepe in Suid-Afrika taalkundig bepaal en krities hersien. Voorts wil ons ook verken hoe taalvariasie, meertaligheid en transtaligheid in kulturele representasies dui op die komplekse sosiale en kulturele verhoudinge in die daaglikse lewe van Suid-Afrikaners. Ten slotte sal ons kyk hoe die gebruik van transtaligheid, asook die gebruik van verskillende taalvariante of tale in verhalende tekste, die posisie van dominante en/of gestandaardiseerde tale “destabiliseer”. Wat sulke “minoriserende” praktyke (Dagnini, 2019) kan beteken vir die manier waarop taal sosiale identiteite en gevoelens van tuiswees konstrueer in die Suid-Afrikaanse konteks, sal dus aan bod kom.

 

Die oproep nooi voorstelle uit vir referate wat besin oor:

hoe transtalige Suid-Afrikaanse literêre tekste (nuwe) sosiale identiteite en gevoelens van tuiswees tot stand bring;
hoe populêre genres (waaronder hip-hop/rap en genrefiksie) bydra tot ’n kritiese analise van die verband tussen taal en samehorigheid in die Suid-Afrikaanse konteks;
hoe die gebruik van ander tale en taalvariëteite die standaardvariëteite van Afrikaans en Engels “minoriseer” en wat die destabilisering van die tale beteken vir die samehorigheidsgevoel en die totstandkoming van sosiale gemeenskappe;
hoe taalgebruik grense skep omdat dit vorme van inklusiwiteit en eksklusiwiteit ondersteun, betwis of sigself daarteen verset;
die rol van (die talige karakter van) die openbare kulturele sfeer in die proses van die konstruksie van ’n samehorigheidsgevoel en samesyn in die Suid-Afrikaanse konteks;
die transtaligheid en die vertaling van Suid-Afrikaanse literatuur (in enige Suid-Afrikaanse taal) as “wêreldliteratuur”.
 

Ons nooi belangstellendes uit om ’n abstrak in te dien (maksimum 300 woorde), vergesel van ’n kort biografie (150 woorde). Die sluitingsdatum is 8 Mei 2020. Die aanvaarde voorstelle sal teen einde Mei 2020 bekendgemaak word. Bydraes mag in Afrikaans, Nederlands en Engels voorgelê word. Voordragte sal elk 20 minute lank wees. Die organiseerders voorsien dat referate moontlik via Skype gelewer sal kan word in gevalle waar dit onmoontlik is om na Amsterdam te reis. ’n Publikasie van (geselekteerde) bydraes word moontlik in die vooruitsig gestel. Stuur asseblief u voorstel na translingualsuidafrika@gmail.com voor 8 Mei 2020.

 

Die reëlingskomitee

Yves T’Sjoen (UGent en Universiteit Stellenbosch)

Annelies Verdoolaege (UGent)

Margriet van der Waal (UvAmsterdam)